Исполнитель: | Koos Du Plessis (Afrikaans) |
Пользователь: | Christo de Beer |
Длительность: | 130 секунд |
Начальная пауза: | 12 секунд |
Названия аккордов: | Не установлено |
Матерная: | |
Комментарии к подбору: | Нет |
Molberge (herinneringe aan Springs)
A D
Jou naam besing verlore ou fonteine
Bm E7
en tower beelde van oases langs die pad.
A F#m Bm
Maar ver al wys die torings van die myne
B7 Esus
jou skoonheid lê veel dieper - in die hart.
E7 A
En ek onthou.
A D
Op ʼn manier was daar maar net die selfde vrede –
Bm Esus
die neig mos om te woon net waar hy wil –
E7 A F#m Bm B7
en daal ek af in skagte na benede, die verlede,
D E7 A E7
word die rammelende ratte langsaam stil.
A D
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
Bm E7
en bring flitse van blou blitse in ʼn skag
A F#m Bm
waar mans soos molle in die diep-droom-ure
B7 Esus
goud breek uit die brandkluis van die nag ...
E7 A
en ek onthou.
A D
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus
Bm E7
uit die newelige berge van die mol;
A F#m Bm
die gelatenheid van mense wat gerus is, maar bewus is:
D E7 A
hierlangs is die wêreld halfpad hol.
A D
Daar was legendes van die vreemdste avonture
Bm E7
diep-diep in die mensgemaakte berg;
A F#m Bm
en saans, in grotte om die bendevure,
B7 Esus
het die ligspel teen grou wande al’s verdwerg ...
E7 A
en ek onthou.
A D
Daar was ʼn huis met ʼn kombuis en geelhouttafel
Bm E7
En ses mense het gedeel in lief en leed ...
A F#m Bm
En mettertyd het alles uit gerafel,
B7 Esus
Maar wat die leed was het ek jare t’rug vergeet.
A D
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede
Bm E7
uit die newelige berge van die mol;
A F#m Bm
en droom en bou al vreet die vrees my vrede
D E7 A
en al is my eie wêreld halfpad hol
A F#m Bm
... en droom en bou al vreet die vrees die vrede,
D E7 A
Want die wêreld is maar oral halfpad hol.
E7 A
En ek onthou.