Исполнитель: | Kerkorrel (English) |
Пользователь: | RdB |
Длительность: | 130 секунд |
Начальная пауза: | 12 секунд |
Названия аккордов: | Не установлено |
Матерная: | |
Комментарии к подбору: | Нет |
Halala Afrika - Johannes Kerkorrel
Intro C (vir 2 mates)
C F C G C F
Toe die wereld hier nog jonk was, en die horison wyd en oop, was dit groen hier in die halfrond,
C G C F C G
suid van die ewenaar. In die skemer as die son sak, en die beeste huis toe loop, klink die
C F C G C
roepstem van die vroue, oor die heuwels van die land.
Koor:
F C G C
Ha la la, ha la la, ewig is ons afrika (*2)
Vers 2
Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see, om te vra vir kos en water, en te bly vir
soveel meer. En die land wat heeltyd oop was, ja die land het ons verruil, vir die ghettos van die
stede, is ons koper draad gegee.
halala, Afrika
sasiphila kamnandi
mayibuye afrika
3de Vers:
Daar was rykdom in die maag
Van ons moeder afrika
Diamante, steenkool, goud, edel metaal
En die mense word die slawe hier
Want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde
Elke greintjie uit te haal
4de Vers:
En die groot en oop grasvlaktes
Span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok
Al die diere moes kom buig
Voor die mag van die
Grootwildjagter
Voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly
Totdat net die stilte heers